"winter" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #52023] |
Fri, 19 October 2001 22:32 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
winter
Jeanne Goosen
elke dag bring die buurvrou groete
haar rok ruik in my gange
dit is nie familie nie, veel gevaarliker
sy is 'n voël wat verslons rondvlieg
krankheid begin: ek is 'n mistroostige orrelspeler
altyd, altyd romantiese liszt
priester in julie, arpeggio deur die donkerbos
'n nuwe toonaard is nie 'n padkaart nie
uiteensetting van hieraf: (molto molto allegro?)
die kadens is onvolmaak
.en ek moet dit alles sluk
hoeveel senubondels om te ontknoop
waar het ek die motief verloor
dit is maklik om die bure te blameer
hierdie tong is die hart se pootjie
'n dik jas bied geen beskerming teen die skerpsinnige
ek groei onderstebo, ek raas soos 'n droë bos
o, kloekende moeder van die kospotte
hoe liefderyk u bredies
in alle eerlikheid-
wie is ek
|
|
|
Re: "winter" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #52029 is 'n antwoord op boodskap #52023] |
Fri, 19 October 2001 23:45 |
davie davis[1]
Boodskappe: 696 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 19 Oct 2001 22:32:11 GMT, @home.com wrote:
> winter
> Jeanne Goosen
>
> elke dag bring die buurvrou groete
> haar rok ruik in my gange
my buurvrou het ook elke dag groete gebring
en haar rokgeur het ook deur die gange gesing
as ek die vertelling nou wil uitbrei
is sy en haar man nou reeds meer as 'n jaar geskei
(ware verhaal)
|
|
|